| Chapter 45 |
1 | Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies." Van die kinders van Korag. 'n Onderwysing. 'n Lied van die liefde. |
2 | My hart word bewoƫ deur goeie woorde; ek dra my gedigte voor aangaande 'n Koning; my tong is die pen van 'n vaardige skrywer. |
3 | U is veel skoner as die mensekinders; genade is uitgestort op u lippe; daarom het God U geseƫnvir ewig. |
4 | Gord u swaard aan die heup, o held, u majesteit en u heerlikheid; |
5 | ja, u heerlikheid! Ry voorspoedig ter wille van waarheid en ootmoed en geregtigheid; en laat u regterhand U vreeslike dinge leer! |
6 | U pyle is skerp volke val onder U!; hulle tref in die hart van die Koning se vyande. |
7 | U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is 'n regverdige septer. |
8 | U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle. |
9 | Al u klere is mirre en alewee en kassie; uit ivoorpaleise maak snarespel U bly. |
10 | Dogters van konings is onder u staatsdogters; die koningin staan aan u regterhand in goud van Ofir. |
11 | Hoor, o dogter, en kyk en neig u oor, en vergeet u volk en die huis van u vader; |
12 | en as die Koning u skoonheid begeer -- want Hy is u Heer -- buig u dan voor Hom neer. |
13 | En, o dogter van Tirus -- met geskenke sal hulle u guns soek, ja, die rykstes van die mense. |
14 | Louter heerlikheid is die Koning se dogter daarbinne; van gouddraad is haar kleding. |
15 | In veelkleurige gewade word sy na die Koning gelei; jonkvroue agter haar, haar vriendinne, word na U gebring. |
16 | Hulle word gelei met vreugde en gejuig; hulle gaan in die Koning se paleis in. |
17 | In die plek van u vaders sal u seuns wees; U sal hulle aanstel as vorste in die hele land. [ (Psalms 45:18) U Naam wil ek vermeld van geslag tot geslag; daarom sal die volke U loof vir ewig en altyd. ] |