| Chapter 135 |
1 | Halleluja! Prys die Naam van die HERE! Prys, o knegte van die HERE, |
2 | wat staan in die huis van die HERE, in die voorhowe van die huis van onse God! |
3 | Loof die HERE, want die HERE is goed; psalmsing tot eer van sy Naam, want die is lieflik! |
4 | Want die HERE het Jakob vir Hom uitverkies, Israel as sy eiendom. |
5 | Waarlik, k weet dat die HERE groot en onse Here bo alle gode is. |
6 | Alles wat die HERE behaag, doen Hy, in die hemel en op die aarde, in die seë en al die dieptes. |
7 | Hy wat die dampe laat opgaan van die einde van die aarde af, bliksemstrale by die reën maak, die wind uit sy skatkamers laat uitgaan; |
8 | wat die eersgeborenes van Egipte getref het, van mense sowel as van vee; |
9 | wat tekens en wonders gestuur het binne-in jou, o Egipte, teen Farao en teen al sy knegte; |
10 | wat baie nasies verslaan het en magtige konings gedood het: |
11 | Sihon, die koning van die Amoriete, en Og, die koning van Basan, en al die koninkryke van Kanaän, |
12 | en hulle land as erfdeel gegee het, as erfdeel aan Israel, sy volk. |
13 | o HERE, u Naam is tot in ewigheid, u gedenknaam, HERE, van geslag tot geslag! |
14 | Want die HERE sal aan sy volk reg doen en medelyde hê met sy knegte. |
15 | Die afgode van die heidene is silwer en goud, 'n werk van mensehande. |
16 | Hulle het 'n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie; |
17 | ore het hulle, maar hoor nie; ook is daar geen asem in hulle mond nie. |
18 | Die wat hulle maak, sal net soos hulle word -- elkeen wat op hulle vertrou. |
19 | Huis van Israel, loof die HERE! Huis van Aäron, loof die HERE! |
20 | Huis van Levi, loof die HERE! Julle wat die HERE vrees, loof die HERE! |
21 | Geloofd sy die HERE uit Sion, Hy wat in Jerusalem woon! Halleluja! |